

VOEL JY VASGEVANG IN OORLEWING...
EN SMAG DAARNA
OM WEER VEILIG, KALM EN IN BEHEER
VAN JOU LEWE TE WEES?
Ek help vroue wat in emosionele OORLEWING vasgevang is
– met hoë STRES, SELFTWYFEL, SKULD GEVOELENS
en onverwerkte VERWONDing,
– om weer VEILIG, KALM en in BEHEER van hul eie lewe te voel
– sonder om VOOR te GEE!
"Amelia het my geleer om weer asem te haal– en die kalmte terug gegee om my seun met nuwe oë te sien."
"Amelia het my kom vind in die kalmte van haar menswees, en my kom wys hoe mens situasies hanteer.
Hoe mens perspektief vind, hoe mens terug staan en asem haal. Hoe mens die uitdagings prosesseer...
Daardie aand het ek rustig geslaap, sonder 'n pil of dr's voorskrif om my kalm te hou...
Met Amelia se sessies het ek kalmte en rustigheid in myself ontdek. Dit het soveel deure vir my oopgemaak. Vandag sien ek my seun en sy groei raak. Ek besef nou dit waardeur hy gaan is normaal en ek het nie nodig om hom te herinner dat ek net die beste vir hom wil hê nie, hy weet dit.
Ons kan weer saam lag, en mekaar vashou en ons is weer ma en seun...
Dankie Amelia dat jy my kom wys het, dis ok om so bietjie terug te staan, eers te prosesseer en net te wees!"
Werkende mamma en Besigheidsvrou
Die Herontdekking van My Mens wees
Haar glimlag en daarmee saam haar rustigheid en hoop het terug gekeer.
"Na my sessies voel dit asof ’n swaar las van my afgeval het. Ek voel lig, rustig en weer vol lewe. Ek lag weer!
Deur trauma en verbale mishandeling deur egenoot wat 'n volslae alkoholis was het byna my lewe verwoes. Ek het verander in iemand wat nie meer omgee nie, wat geen nut in die lewe gesien het nie – oortuig dat die wêreld teen my is en dat ek niks beteken vir die samelewing nie.
Na net ’n paar sessies by Amelia wat werklik WONDERWERKE verrig het,
voel ek soos ’n nuwe mens.
My negatiewe gedagtes het plek gemaak vir hoop,
Ek voel positief en sien weer kans vir die lewe en sy uitdagings.
Vandag voel ek positief, my hart vol hoop, my gedagtes lig en my siel dankbaar.
Baie dankie vir die ongelooflike, wonderlike werk wat jy doen!
Werkende Mamma
"Dit voel of daar 'n berg van my skouers afgeval het...
"Die fisiese verskuiwing wat ek tydens en ná my sessies by Amelia beleef het, voel amper onwerklik.
My slaap het verbeter.
Die vrees en angs is heelwat ligter, die konstante spanning in my skouers
wat ek jare lank saam met my gedra het —
wat ek nie eens meer raak gesien het nie — het verdwyn.
Vir die eerste keer in 'n lang tyd kon ek weer vorentoe beweeg en lig sien.
Dit is moeilik om te beskryf,
maar dit voel werklik asof ’n berg van my afgeval het.
Dankie, Amelia, vir die veilige ruimte wat jy geskep het, vir jou opregte omgee en vir die ontspanningstegnieke wat ek nou steeds gebruik— veral op dae wanneer nuwe frustrasies kom aan klop.
Jy het regtig ’n hart vir mense."
Besigheidsvrou
"Amelia carries a true heart for people.
I had the privilege working with Amelia,
and it was a life-changing experience.
She has such a genuine heart for people and
a passion
for helping them live in their full potential.
Her understanding of neuroscience
is remarkable, and she uses gentle,
non-threatening techniques that
helped me release trauma stored in my system.
The process felt safe, empowering,
and deeply effective.
I would highly recommend Amelia.
She is not only passionate and purposeful
about what she does,
but she also carries a powerful vision and
deep empathy for every person she works with."
Marketing Strategist &
Co-Founder of Zoe Business Systems
"Jy hoef nie weer deur al jou pyn te gaan om jouself terug te kry nie."
💛 Cecilia se reis is een van rou, verlies, egskeiding… maar ook van herstel, hoop en nuwe lewenslus.
Ná jare by sielkundiges en psigiaters het sy uiteindelik genesing gevind sonder om al die trauma weer te herleef– en dit het haar lewe, huis en hart verander.
🎥 Luister na haar storie… en glo dat daar vir jou ook ’n nuwe begin is.
━ Ontmoet Amelia Botha ━
Ek is Amelia Botha – nie net ’n Internationaal geregistreerde Neuro-Wellness Life Coach nie, maar ook ’n ma wat self deur vuur gegaan het.
Ons seun is neurodivers met outisme, disleksie, ADHD en Irlen-sindroom – ’n pad wat ons met baie vrae, terapieë en aanpassings moes stap. Ons dogter, het van kleins af geworstel met ADHD en hoë angsvlakke, veral tydens haar skooljare.
Elke dag saam met hulle was ’n leerpad – vol uitdagings, trane, aanpassings… maar ook kosbare oorwinnings en groei.
Ons het jare lank antwoorde gesoek, deur verskillende tipe terapeute, dokters, sielkundiges en psigiaters wat gelei het tot my eie afgrondpad van tipes verslawings, slegte gewoontes, en ’n huwelik wat toe op die afgrondpad oppad was, nie net oor wat toe in my lewe aangegaan het nie maar ook a.g.v. my eie verwonding van my grootword jare.
Ek weet hoe dit voel om moeg, oorlaai en uitgeblok te wees.
In 2019 het alles verander. Ná totale uitbranding het ek begin genees – van binne af, een tree op 'n slag.
Deur my eie lewenslesse, ervaring en kwalifikasies help ek vroue om weer selfvertroue, rus en sagtheid in hulself te vind – sonder dat hul hoef voor te gee – en gesinne om emosionele blokkasies te oorkom, sodat hulle net soos wat ons geleer het - met lig, vrede en liefde in eenheid te kan leef.
My passie?
Om individue en gesinne te help vrykom, van dit wat hul terughou – emosionele en neurologiese blokkasies wat generasies lank stilweg oorgedra word.
Ek glo:
Wanneer ouers gesond funksioneer, kinders in veiligheid en liefde groei. Só herskep ons 'n gesonder, vreugdevolle generasie
– een gesin op 'n slag.
Begin Vandag!
"Saam sal ons ontdek wat jou terughou en ’n duidelike, bemagtigde pad vorentoe skep — waar jou drome weer moontlik voel en jou lewe weer volkome joune is."
Amelia Botha -
Neuro-Wellness Life Coach
-Geanker-
-Groei-
-Gloei-
Oorkom uitputting en herwin jou energie.
Kweek Fokus en Kalmte.
Bereik ’n duidelike, doelgerigte Lewensrigting.
Maak gemaklike blywende Lewensveranderinge.
Jou lewe kan ooreen stem met jou diepste waardes.
Word een met jou ware self en verstaan wie jy werklik is.

Met jare se ondervinding in neuro-welstand, trauma-ingeligte begeleiding en emosionele heling, verstaan ek hoe diep pyn kan stil sit. Ek weet hoe om jou sagkens deur dit te lei — met kennis én empatie.

Jou storie is uniek — en so is my benadering. Elke sessie word persoonlik aangepas vir jóú behoeftes, tempo en emosionele kapasiteit. Sonder druk. Sonder oordeel. Net ware ondersteuning, in jou eie tyd.

Ek bied ’n sagte, veilige en vertroulike ruimte waar jy nie hoef te veg of voor te gee nie. Jy mag gesien, gehoor en ondersteun voel. Stuur gerus ’n boodskap – ek is hier om te help.